Rugby by ons resorteer onder die Barberton Junior Rugbyklub wat deur ‘n Komitee bestuur word, wat uit ouers en onderwysers bestaan. Enige besluite rakende rugby word deur die komitee geneem. ‘n Klubfooi word jaarliks deur elke speler betaal.
Hoe werk die liga?
Ons het drie ligas: Kleinskole, Mediumskole en Grootskole. Ons speel in die Medium-skole liga. Ons speel net vriendskaplike wedstryde.
Oefentye
(Let wel: Covid-19 regulasies geld en oefeninge sal slegs kan plaasvind, indien dit wettig toegelaat word)
Pumaki’s (Onder 7 en Onder 8): Slegs vanaf kwartaal 2.
Onder 9, Onder 10, Onder 11: Maandae en Woensdae 14:30 – 15:30 by Bouwer Park
Onder 12 en Onder 13: Dinsdae en Donderdae 14:30 – 15:30 by Bouwer Park
Rugbytoere
Onder 11- en Onder 13- spanne toer normaalweg gedurende die Maart vakansie. (Huidiglik nie moontlik nie.)