Cricket / Krieket

At Barberton Primary cricket is used as a tool to inspire players and encourage them to reach for the stars. Our main goal is to make a difference in their lives, not only on the field but also next to it. To help to develop their talents and built character to carry them through live.

All our coaches are qualified, live out their love for the sport, and see each player as a unique human being.

We have three teams (u/9, u/11 and u/13) that participate annually in a friendly league against schools in the Lowveld. Our u/11 and u/13 teams partake in the White River cricket week where they receive professional coaching and play against schools from outside our region.

During the cricket season we practice on Tuesdays and Thursdays and matches are played on Mondays, Tuesdays and Thursdays. Players also have the opportunity to compete in the Mpumalanga cricket trials and if they make the provincial team they play in a cricket week presented by Cricket South Africa during the December period.

Cricket is not just a sport, but a passion.

By Laerskool Barberton word krieket as ‘n medium gebruik om spelers te inspireer en hulle aan te moedig om hoër hoogtes te bereik. Die hoof doelwit is om ‘n verskil in hul lewens te maak, nie net op die veld nie, maar ook langs die veld. Ons help om hul talente te ontwikkel en karakter te bou wat hul deur die res van hul lewens sal dra.

Al ons afrigters is gekwalifiseerd, en leef hul liefde vir die sport uit deur elke speler as ‘n unieke individu te sien.

Ons het drie spanne (0/9, 0/11 en 0/13) wat jaarliks in ‘n vriendskaplike liga teen skole in die Laeveld meeding. Ons 0/11 en 0/13 spanne neem ook deel aan die Witrivier krieketweek waar hul professionele afrigting ontvang en teen skole van buite die Laeveld speel. Ons oefen gedurende die krieketseisoen op Dinsdae en Donderdae en wedstryde word op Maandae, Dinsdae en Donderdae gespeel. Ons spelers kry ook die geleentheid om aan die Mpumalanga krieketproewe deel te neem en as hul die provinsiale span haal neem hul deel aan ‘n krieketweek wat deur Krieket Suid-Afrika gedurende Desember aangebied word.

Vir ons is krieket nie net ‘n sport nie, maar ‘n passie.