Afrikaanse Aansoeke
Die volgende stawende dokumente moet ingehandig word by indiening van die aansoekvorm. Afskrifte van dokumente kan by die polisiekantore gewaarmerk word.
GEEN AANSOEKVORM SAL AANVAAR WORD SONDER ENIGE VAN HIERDIE DOKUMENTE NIE:
- GEWAARMERKTE AFSKRIF van `n volledige, uitgebreide Geboorte-sertifikaat van leerling moet ingedien word;
- GEWAARMERKTE AFSKRIF van Identiteitsdokumente van albei ouers/voogde;
- Afskrif van Immunisasiekaart / Kliniekkaart van leerling;
- Munisipale rekeningstaat (NIE die “Confirmation of Residence” nie) in die naam van die aansoeker as bewys van fisiese woonadres. Indien aansoeker ‘n woning huur, moet ‘n afskrif van die eienaar se identiteitsdokument plus ‘n beëdigde verklaring dat die woning aan die aansoeker verhuur word aangeheg word of andersins ‘n afskrif van huurkontrak deur die eienaar opgestel;
- Selfgeadresseerde koevert met seëls;
- Bewys van aanstelling as wettige voog (indien van toepassing);
- Afskrif van leerling se rapport en oorplassingskaart van vorige skool (Ook van toepassing vir Gr R en Gr RR en Graad 1).
- Afskrif van die jongste skoolfondsrekening – ingesluit Graad R en RR (nie ouer as 3 maande nie).